Sinoville Firefighting Association
/


We Serve to Save

 

Welcome to our hot world!  Here you can read about what we do, our mission and the latest SBBV news.

Fire Danger Index:

The FDI is updated daily on our Facebook Page and the Whatsapp status of our emergency number.  Apply for a fire permit.

  • 0 to 20 - Safe
  • 21 to 45 - Moderate
  • 46 to 60 - Dangerous, 55 and above no open fires, even with a fire permit.
  • 61 to 75 - Very Dangerous
  • 76 to 100 - Extremely Dangerous

Our gallery relates our actions.  We hope it will raise awareness to the risks of negligence towards fire.

Join us now!

 

SBBV News


Back to overview

07/12/2019

Vlamme jaag hasie reguit in redder se hande

Bron: https://www.netwerk24.com/Nuus/Omgewing/vlamme-jaag-hasie-reguit-in-redder-se-hande-20190711
Vlamme jaag hasie reguit in redder se hande

Die klein hasie was so verskrik toe hy vir sy lewe deur die vlamme bars, dat ’n jong brandslaner net sy hand kon uitsteek en die verbykomende bondeltjie gegryp het.
“Ek het eers gedink dis ’n rot wat in ons rigting uit die vlamme uithardloop. Toe besef ek dis ’n baba-haas. Hy was gebrand en ek het net gegryp. Hoe kon ek hom los?” vertel Duan Bezuidenhout (20).

Hy en sy kollega Carel van Bosch van die Sinoville-brandbestrydingsvereniging, ’n vrywillige organisasie sonder winsbejag, het Saterdag gaan help toe ’n veldbrand op die hoewes naby Doornpoort, Pretoria, eiendomme bedreig het.

Bennie Bezuidenhout, Duan se pa en ondervoorsitter van die vereniging, sê die Sinoville-polisie het hulle gebel om te gaan kyk hoe groot die risiko is.

“Ons werk baie nou saam met die Tshwane-brandweerdiens, veral die Wonderboom-stasie. Omdat ons uit vrywilligers bestaan, sal lede wat op ’n gegewe oomblik beskikbaar is, gaan hand bysit,” sê hy.

Duan en Carel was Saterdag dié twee beskikbare helpers.

Duan vertel dat hulle nog die een oomblik vlamme doodgeslaan het toe hy die vlugtende bondeltjie uit die vlamme sien kom, lang ore laag getrek.

“Ek het my hand uitgesteek en die diertjie gevang. Hy was effens gebrand op sy kop en lyf en die pels was geskroei. Ek het hom teen my vasgehou en kon voel sy asem jaag so bietjie,” sê Duan.

Hy het ’n handdoek by een van die inwoners gevra, ’n bottel water nader getrek en die handdoek natgemaak voordat hy die haas daarin toegedraai het om die diertjie af te koel.

“Die hasie het nie eens gespartel of probeer weghardloop nie. Hy het net doodstil bly sit, eers in my arm en toe op my skoot. Ek het hom baie jammer gekry,” sê Duan.

Roetbesmeer met skroeikolle, pels plek-plek in klosse saamgesmelt en grootoog, het die haas op sy skoot gery na “iemand wat iemand ken” by die South African Wildlife Rehabilitation-sentrum.

Die hasie, sê Leanne Hezlett, die rehabiliteerder wat hom gestabiliseer en toe na die sentrum in Springs geneem het, is net ’n paar weke oud. “Hy drink nog melk, so klein is hy. Ons probeer sy oorpunte red wat gebrand het, maar gelukkig het hy nie enige diep velwonde nie en die pels sal teruggroei.

“Sy korneas het hitte-skade opgedoen van die vuur en hy kry antibiotika daarvoor. Maandag gaan hy na ’n diere-ooghospitaal om seker te maak dat sy ogies nie groot skade opgedoen het nie,” sê Hezlett. Vir die trauma wat die hasie moes deurmaak, vaar hy egter heel goed, troos sy. “Hy het tot begin gewig aansit,” sê sy trots en voeg by: “En sy naam is nou Smokey”.

* Duan is ook die man wat verlede jaar September ’n man wie se bakkie in ’n brand naby die Dinokeng-reservaat in vlamme omhul was, uit die vuur gehaal het.

 Smokey
 duan smokey.jpg
 smokey.PNG


Back to overview